Luna maak stories liedere

Photo: Hannie du Plessis and Jessica Botha

Photo: Hannie du Plessis and Jessica Botha

Na tien jaar in die musiekbedryf, is Luna Paige vir die eerste keer met nuwe Afrikaans liedjies op toer.

Met Storielied het Luna van Suid-Afrika se mooiste stories getoonset.

Terwyl baie liedjieskrywers dit al met gedigte gedoen het, is dit die eerste keer dat Suid-Afrikaanse verhale dié eer te beurt val.

Luna sê dit was net natuurlik dat sy haar klavier vra om in Afrikaans te begin praat.

Sy verduidelik dat sy gevra was om by die Woordfees ’n liedjie by Margaret Bakkers se boekbekendstelling te sing.

Sy wou nie ’n Engelse liedjie sing nie en het eerder een geskryf oor die boek.

Daarna het sy begin om stories haar eie te maak en om hulle in storie-liedere te verander.

Met haar nuwe versameling van stories, gooi Luna ’n draai by die see, by evolusie en die sin van die lewe. Sy kuier in die voorkamer van ’n ou vrou wat aan 7de Laan en whisky vasklou.

Sy gaan hurk by die grafte van ’n generasie bevryde slawe. Sy sing oor die veerpaleise en hul spoke en beskou die seisoene vanuit die populierbos.

Luna erken dat sy op universiteit laas Afrikaanse boeke gelees het, maar sê die projek het haar geïnspireer om weer plaaslike skrywers te ontdek.

“Ons het ’n ongelooflike ryk kultuur,” sê sy van die stories wat sy oorgeskryf het.

Luna het in Maart met Storielied begin en is besig om saam met Riku Lätte die liedjies op te neem.

Kom ontdek saam met Luna van ons land se beste skrywers en die stories wat hulle by ons ryk verlede en moederaarde gaan leen het.

Luna Paige sluit haar eerste Storielied- toer af met ’n intieme vertoning by die lieflike Rust-en-Vrede-kunsgalery in Durbanville op Vrydag 29 Julie.

Kaartjies kos R90 en kan by 021 976 4691 bespreek word.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s